Luhard Coetzee
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2025?
Vriende maak

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Braaivleis

Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë?
"Adventure League". My spesiale vermoë sou wees "Team Spirit", wat beteken ek kan tydelik my vriende se vaardighede verbeter en ons kan saam 'n kragtige kombinasie maak om uitdagings te oorkom en teenstanders te oorwin.

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Dat almal vir eendag regverdig behandel word.

‘n Helpie is sinoniem met…
Potensiaal

As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Rocky Balboa vir werketiek en vasberandenheid.

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
Verander - Spoegwolf