| Hayleigh jansen van Vuuren Groentjiekonsert As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? "Steak" (Kruisbiefstuk) Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? "Adventure Explorer" en my spesiale vermoe is om geheime paaie te ontdek en verlore skatte te vind. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Om vriendelikheid te wys en om ander met respek en liefde te hanteer.Dit kan n dag wees waar almal hul beste self kan wees en n positiewe impak op mekaar kan maak. ‘n Helpie is sinoniem met… Goeie geleenthede en jou tot jou volle potensiaal te bereik. As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Ek sou graag vir n dag n dag Rapunzel van "Tangled" wou wees. Ek is mal oor haat avontuurlustige gees en die manier waarop sy die wereld met nuuskierigheid verken. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Unwritten - Natasha Bedingfield |