Amelia de Klerk
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2025?
Die nuwe gesigte - die kans om nuwe vriende te maak.

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Sushi

Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë?
The Space Explorer, ek kan vlieg en lasers skiet.

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Om mekaar te respekteer.

‘n Helpie is sinoniem met…
Vriendelikheid.

As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Katniss Everdeen van The Hunger Games, want ek hou van die feit dat sy braaf is en sy sy gee om vir haar mense.

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
Belong Together deur Mark Ambor.